Neem beheer

Jy het die kontroles om jou privaatheid te bestuur.

Ons gebruik data om ons dienste so nuttig moontlik te maak, maar jy besluit watter soorte data ons insamel en gebruik. Ons het My Rekening gebou om vir jou vinnige toegang tot eenvoudige nutsgoed te gee wat jou help om jou privaatheid en sekuriteit te bestuur. Jy besluit hoe jou data Google-dienste beter vir jou kan laat werk deur die volgende instellings na te gaan.

Gaan na My Rekening

Bestuur jou privaatheidinstellings met die Privaatheidskontrole

Jy kan binne net 'n paar minute die soorte data bestuur wat Google insamel, opdateer watter persoonlike inligting jy met vriende deel of publiek maak, en die soorte advertensies verstel wat jy wil hê Google vir jou moet wys. Jy kan hierdie instellings verander so gereeld as wat jy wil.

Doen die Privaatheidskontrole

Beveilig jou rekening met die Sekuriteitkontrole

Die eerste ding wat jy kan doen om jou Google-rekening te beskerm, is om die Sekuriteitkontrole uit te voer. Ons het dit gebou om jou te help verifieer of jou herwinninginligting bygewerk is en dat jy steeds die webwerwe, programme en toestelle wat aan jou rekening gekoppel is, gebruik en vertrou. As enigiets verdag lyk, kan jy dadelik jou instellings of wagwoord verander. Die Sekuriteitkontrole neem net 'n paar minute en jy kan dit doen so gereeld as wat jy wil.

Doen die Sekuriteitkontrole

Besluit watter data met jou rekening geassosieer word

Die data wat ons saam met jou rekening stoor, kan Google-dienste vir jou nuttiger maak – van beter pendelroeteopsies in Maps tot vinniger resultate in Search. Jy kan met gebruik van Aktiwiteitkontroles besluit wat met jou rekening geassosieer word en die insameling van spesifieke soorte data onderbreek – soos jou soektogte en blaai-aktiwiteit, die plekke waarheen jy gaan, en inligting van jou toestelle af.

Gaan na Aktiwiteitkontroles

Beheer advertensies op grond van jou voorkeure

Jy kan in jou Advertensie-instellings advertensies beheer wat gebaseer is op onderwerpe waarin jy belangstel. Byvoorbeeld, as jy die Advertensiepersonalisering-instellings gebruik om vir Google te vertel dat jy van popmusiek hou, sal jy dalk advertensies van nuwe uitreikings en konserte naby jou sien wanneer jy by YouTube aangemeld is.

As jy Advertensiepersonalisering afskakel terwyl jy aangemeld is, sal ons oral in Google-dienste, asook op webwerwe en in programme wat met ons saamwerk, ophou om vir jou advertensies te wys wat met jou belangstellings verband hou. As jy afgemeld is, sal net Google-dienste waar advertensies gewys word, geraak word as jy Advertensiepersonalisering afskakel.

Gaan na Advertensie-instellings

Sien by My aktiwiteit watter data in jou rekening is

My aktiwiteit is die sentrale plek waar jy dinge kan vind wat jy met ons dienste gesoek het, bekyk het en gekyk het. Ons gee vir jou nutsgoed om volgens onderwerp, datum en produk te soek om dit makliker te maak om jou aanlyn aktiwiteit van die verlede na te gaan. Jy kan spesifieke aktiwiteite of selfs hele onderwerpe wat jy nie met jou rekening geassosieer wil hê nie, permanent uitvee.

Gaan na My aktiwiteit

Gaan jou basiese rekeninginligting na

Beheer watter persoonlike inligting jy in Google-dienste deel – soos jou naam, e-posadres en foonnommer.

Gaan jou persoonlike inligting na

Vat jou inhoud oral saam met Laai jou data af

Jou foto's. Jou e-posse. Jou kontakte. Selfs jou boekmerke. Jy is in beheer van die inhoud wat in jou Google-rekening geberg word. Dit is hoekom ons Laai jou data af geskep het – sodat jy 'n kopie kan maak, dit kan rugsteun of dit selfs na 'n ander diens kan skuif.

Gaan na Laai jou data af