Veiliger internet

Ons help om die internet vir almal veiliger te maak.

Ons het 'n lang geskiedenis van die ontwikkeling van sekuriteittegnologie wat nie net ons eie gebruikers bevoordeel nie, maar ook die hele aanlyn wêreld. Wanneer ons tegnologie skep om ons dienste veiliger te hou, vind ons geleenthede om dit tot almal se voordeel te deel. En namate bedreigings met verloop van tyd verander, baan ons aanpasbare, toekomsgerigte stappe die weg wat ander maatskappye kan volg.

Veilige Webblaai beskerm meer as net Chrome-gebruikers

Ons het ons Veilige Webblaai-tegnologie oorspronklik gebou om Chrome-gebruikers teen wanware en uitvissingpogings te beskerm deur hulle te waarsku wanneer hulle gevaarlike webwerwe probeer besoek. Om die internet vir almal veiliger te maak, het ons hierdie tegnologie gratis aan ander maatskappye beskikbaar gestel om in hul blaaiers te gebruik, insluitend Apple Safari en Mozilla Firefox. Vandag word die helfte van die wêreld se aanlyn bevolking met Veilige Webblaai beskerm.

Ons waarsku webwerfeienaars ook wanneer hul werwe sekuriteitgebreke het en bied gratis nutsgoed om hulle te help om die probleme vinnig op te los. Deur aan te hou om nuwe sekuriteittegnologie te deel namate ons dit ontwikkel, help ons om 'n internet te bou wat vir almal veiliger is.

Ons gebruik HTTPS om jou veiliger te hou terwyl jy deur die internet blaai

Om deur HTTPS-enkripsie aan ons dienste te koppel, beskerm jou teen nuuskierige oë en kwaadwillige kuberkrakers om seker te maak dat jy net kry wat en waar jy dit wil hê. Om webwerwe te motiveer om hierdie bykomende sekuriteit te aanvaar, het ons HTTPS-enkripsie een van die tekens gemaak wat die Google Search-algoritme gebruik om die posisie te bepaal wat webwerwe in ons soekresultate beklee.

Ons skep sekuriteitbelonings om kwesbaarhede te ontbloot

By Google skep ons sekuriteitbeloningprogramme wat onafhanklike navorsers betaal om kwesbaarhede in ons dienste te vind en sekuriteitoplossings te skep. Ons ken elke jaar navorsingsubsidies en fouttoelae van miljoene dollars toe. Ons gebruik tans sekuriteitbeloningprogramme vir baie Google-produkte, soos Chrome en Android.

Ons stel ons sekuriteitnutsgoed aan ontwikkelaars beskikbaar

Ons deel ons sekuriteittegnologie wanneer ons meen dat dit vir ander mense waarde kan inhou. Byvoorbeeld, ons stel ons Google Wolk-sekuriteitskandeerder gratis aan ontwikkelaars beskikbaar sodat hulle hul webprogramme in App Engine vir sekuriteitkwesbaarhede kan deursoek en ontleed.

Ons deel data oor ons praktyke om 'n veiliger internet te bevorder

Sedert 2010 publiseer Google die deursigtigheidverslag, wat statistieke bevat oor dinge soos kopieregverwyderings, regeringversoeke om gebruikerdata en sekuriteitinisiatiewe, soos Veilige Webblaai. Ons deel ook data oor die bedryf se aanvaarding van enkripsie vir webwerwe en e-pos. Ons doen dit nie net om ons vordering met ons gebruikers te deel nie, maar om ander mense aan te moedig om sterker sekuriteitstandaarde ter wille van 'n veiliger internet vir almal te aanvaar.