Hoe advertensies werk

Ons verkoop jou persoonlike inligting aan niemand nie.

Baie van ons besigheid is gegrond op advertensies op sowel Google-dienste as webwerwe en mobiele programme wat met ons saamwerk. Advertensies help om ons dienste vir almal gratis te hou. Ons gebruik data om hierdie advertensies vir jou te wys, maar ons verkoop nie persoonlike inligting soos jou naam, e-posadres en betaalinligting nie.

Ons gebruik data om advertensies relevant te maak

Ons probeer om vir jou nuttige advertensies te wys deur data te gebruik wat ons van jou toestelle af insamel, insluitend jou soektogte en ligging, webwerwe en programme wat jy gebruik het, video's en advertensies wat jy gesien het, en persoonlike inligting wat jy vir ons gegee het, soos jou ouderdomsgroep, geslag en belangstellings.

As jy aangemeld is – en afhangend van jou Avertensie-instellings – beïnvloed hierdie data die advertensies wat jy oral op jou toestelle sien. As jy dus 'n reiswebwerf op jou rekenaar by die werk besoek, sal jy dalk later daardie aand advertensies vir vliegkaartjies na Parys op jou foon sien.

Adverteerders betaal net vir advertensies wat mense sien of waarop hulle tik

Wanneer adverteerders advertensieveldtogte by ons plaas, betaal hulle ons net op grond van hoe daardie advertensies werklik vaar — nooit op grond van jou persoonlike inligting nie. Dit kan insluit elke keer as iemand 'n advertensie kyk of daarop tik, of reageer nadat die persoon 'n advertensie gesien het, soos om 'n program af te laai of 'n aansoekvorm in te vul.

Ons wys vir adverteerders hoe goed hul veldtogte gewerk het

Ons gee vir adverteerders data oor hoe hul advertensies vaar, maar ons doen dit sonder om enige van jou persoonlike inligting bekend te maak. Ons hou jou persoonlike inligting deurentyd beskerm en privaat wanneer ons vir jou advertensies wys.

Hoe advertensies op Google-dienste en vennote se werwe werk

Ons gebruik data om advertensies te wys wat vir jou nuttig is, of dit nou in Google-dienste is of op webwerwe en mobiele programme wat met ons saamwerk.

Verskillende kleure fietse in 'n blaaiervenster

Hoe Search-advertensies werk

Wanneer jy Google Search gebruik, kan advertensies langs of bo relevante resultate verskyn. Hierdie advertensies word meestal gegrond op jou ligging en die soektog wat jy sopas gedoen het. As jy byvoorbeeld na “fietse” soek, sal jy dalk advertensies sien van fietse wat naby jou te koop is.

In ander gevalle gebruik ons bykomende data, soos vorige soektogte of werwe wat jy besoek het, om te help om nuttiger advertensies te lewer. Omdat jy reeds na “fietse” gesoek het , sal jy as jy nou “vakansies” soek, dalk Search-advertensies sien vir plekke waar jy kan fietsry terwyl jy met vakansie is.

Google-advertensies in Gmail in geel gemerk

Hoe YouTube-advertensies werk

Wanneer jy video's op YouTube kyk, sal jy dalk advertensies voor die tyd of op die videobladsy sien speel. Hierdie advertensies is gegrond op die video's wat jy gekyk het en ander inligting, soos jou huidige en onlangse YouTube-soektogte.

Byvoorbeeld, as jy na “modewenke” soek of skoonheidsverwante video's kyk, sal jy dalk 'n advertensie vir 'n nuwe skoonheidsreeks sien. Hierdie advertensies help om die skeppers van die video's wat jy kyk, te ondersteun.

Jy kan baie YouTube-advertensies oorslaan as jy hulle nie wil kyk nie.

YouTube-video van gelukkige vrou het opspringeradvertensie vir modieuse sonbrille

Hoe Gmail-advertensies werk

Die advertensies wat jy in Gmail sien, is gegrond op data soos sleutelwoorde in die boodskappe in jou inkassie. Hierdie proses geskied heeltemal outomaties en niemand lees jou e-posse om vir jou advertensies te kan wys nie.

Byvoorbeeld, as jy onlangs baie boodskappe oor fotografie en kameras ontvang het, sal jy dalk 'n advertensie vir 'n aanbieding by 'n plaaslike kamerawinkel sien.

Blaaier met 'n profielfoto het 'n advertensie vir 'n stylvolle groen sak

Hoe advertensies op Google-vennootwerwe werk

Baie webwerwe en mobiele programme werk met ons saam om advertensies te wys. Hierdie adverteerders besluit om sekere advertensies vir soorte gehore te wys op grond van persoonlike inligting wat ons gebruikers met ons gedeel het en data wat ons oor jou aanlyn aktiwiteite ingesamel het: byvoorbeeld “mans van 25-34 jaar oud wat in reis belangstel”.

Ons kan ook vir jou advertensies wys op grond van werwe wat jy vantevore besoek het – jy kan byvoorbeeld 'n advertensie sien vir daardie rooi skoene wat jy by jou aanlyn inkopiemandjie gevoeg het, maar besluit het om nie te koop nie. Ons doen dit egter sonder om enige persoonlike inligting, soos jou naam, e-posadres en faktureringinligting, bekend te maak.

Neem beheer van jou Google-advertensies-ervaring

Ons gee jou nutsgoed om die tipes advertensies wat jy sien as jy aan- of afgemeld is, te beheer.

Tablet met Advertensie-instellings en 'n advertensie vir sonbrille

Beheer advertensies op grond van jou voorkeure

Jy kan advertensies wat gebaseer is op die onderwerpe waarin jy belangstel, in Advertensie-instellings beheer. Byvoorbeeld, as jy die Advertensiepersonalisering-instellings gebruik om vir Google te vertel dat jy van popmusiek hou, sal jy dalk advertensies van nuwe uitreikings en konserte naby jou sien wanneer jy by YouTube aangemeld is.

As jy Advertensiepersonalisering afskakel terwyl jy aangemeld is, sal ons oral in Google-dienste, asook op webwerwe en in programme wat met ons saamwerk, ophou om vir jou advertensies te wys wat met jou belangstellings verband hou. As jy afgemeld is, sal net Google-dienste waar advertensies gewys word, geraak word as jy Advertensiepersonalisering afskakel.

Google-advertensie vir 'n groen motor met 'n dempknoppie aan die bokant

Verwyder advertensies wat jy nie wil sien nie

Ons gee jou op baie van die advertensies wat ons deur vennootwebwerwe en -programme wys, die vermoë van Demp hierdie advertensie. Jy kan advertensies wat jy nie meer relevant vind nie, verwyder deur die “X” in die hoek van die advertensie te kies.

Byvoorbeeld, motoradvertensies kon nuttig gewees gewees het toe jy 'n nuwe motor gesoek het, maar as jy eers lekker in jou nuwe voertuig rondrits, wil jy waarskynlik nie meer advertensies van Google af sien vir die motor wat jy nou net gekoop het nie.

As jy aangemeld is – en afhangend van jou Avertensie-instellings – sal hierdie beheer oral op jou aangemelde toestelle toegepas word op webwerwe en programme wat met ons saamwerk.

Met Blokkeer hierdie adverteerder kan jy ook advertensies blokkeer sonder om aan te meld in Google-dienste wat advertensies wys.

Advertensie vir sonbrille met 'n inligtingknoppie in die hoek regs bo

Vind uit watter data ons gebruik om vir jou advertensies te wys

Ons wil jou help om die data wat gebruik word om vir jou advertensies te wys, beter te verstaan. Hoekom hierdie advertensie is 'n kenmerk wat dit vir jou moontlik maak om 'n aanporboodskap te klik om uit te vind hoekom jy 'n bepaalde advertensie sien. Byvoorbeeld, jy sal dalk 'n advertensie vir 'n rok sien omdat jy modewebwerwe besoek het. Of as jy 'n advertensie vir 'n restaurant sien, kan jy uitvind dat dit vanweë jou ligging is. Hierdie soort data help ons om vir jou advertensies te wys van dinge wat dalk vir jou nuttig sal wees. Maar onthou, ons deel nooit hierdie data met adverteerders nie.